Hoërskool Louis Trichardt Reunie

Friday, August 26, 2016

40 Jaar Reunie - Weesgerus 7-11 Sept 2016





Ek, San3 en Roelf hou 'n vinnige beplanningsvergadering vir die Louis Trichardt klas van 1976 se 40 jaar reunie.

Nog stories en fotos sal volg na die naweek van 9 Sept 2016.















Monday, May 28, 2012

Reunie 25-27 Mei 2012 - Weesgerus

Harry en Roelf

Renee bestudeer die menu

Sanet lyk hier nog normaal...


Christa en Estelle

Louis en Hendrietta

Thys

Renee

Sanet en Roelf voor Harry se seminaar...

Riana


Tussen die poppe...







Friday, February 9, 2007

Hoërskool Louis Trichardt Matrieks 1976

Matrikulante van Hoërskool Louis Trichardt in 1976.

Die fotos uit die jaarblad...

Kliek op die fotos om dit te vergroot.

Die personeel.



Die leeringraad.



Die Hoofseuns en Hoofmeisies.

Mnr. Du Preez, Caromin de Vaal, Theo Pistorius, Sandrie Grobler, Roelof Fourie.


Redenaars.

Willie Nel en Thys Marais.


Jubilante Sanggroep

Agter: Willie Nel, Herman Kriel, Piet de Jager, L Beresford, Riana Viljoen, Eon Viljoen, Frikkie Olivier.

Voor: C du Toit, Magdaleen Pienaar, Ds. Sampie Venter, Magda Steyn, Joy du Toit.


Std 10 A

Voor: Elsabe Holtzhausen, Riana Viljoen, Kiewiet Greeff, Mnr. Andre Potgieter, Sonet Bezuidenhout, C Jacobs, Magda Steyn.

Middel: Erika Grobler, Mariaan Victor, Amarieta Naude, Lottie Moolman, L Schlebusch, Jean Els, E Coetzee.

Agter: Julius Engelbrecht, Roelof Fourie, Roger de Trogh, Eon Viljoen, Dirk Nortje, Braam Nel, Christopher Harding.


Std 10 B

Voor: Ester Bruwer, Maria Wessels, Sonja Prinsloo, Mnr. T Gilfillan, Philip Heyns, Anna du Plessis, Anna Bekker.

Middel: Douw de Lange, Sophia Jansen, Jennifer Pretorius, Johanna Heinlein, Elizabeth de Beer, Larrie Philips.

Agter: Johan Breytenbach, Herman Kriel, Johan (Poena) du Preez, Izak van Rooyen, Andries Eloff, Gerrit Jansen van Rensburg, Gert Pretorius.


Std 10 C

Voor: Beatrix Neethling, Kitty Chambers, Riana Fick, Mnr. H van Wyk, Kobus Risseeuw, Hanlie Burger, Ansu Oosthuizen.

Middel: Solly Herselman, Anton Swanepoel, Harry Botes, M. Oberholzer, Johan Swanepoel, Willie Nel, Piet Erasmus.

Agter: Roets Holtzhausen, Anton Swanepoel, Dirk Retief, Piet Fasen, Pierre Duminy, Japie Malan, Bennie Visser.


Std 10 D

Voor: Susaar Botha, Olivia Geldenhuys, Renee Fourie, Mej R Groenewald, Miemie Olivier, W. Page, Caromin de Vaal.

Middel: Barend van der Merwe, Thys Marais, Sandrie Grobler, Rina Botha, Kosie Eloff, Vlooi Joubert.

Agter: Dana Maritz, Marthinus Pretorius, Frikkie Olivier, Andries Krause.

Inlas: Herman Lintvelt.


Std 10 E

Voor: Rheda Maritz, E. Marais, Magdalene Pienaar, Mnr D Malan, J. Potgieter, Irene Tokalon, Elizabeth Breitenbach.

Middel: Gideon Joubert, Johan Scheffer, H. Fourie, Ina Sullivan, DB Jansen van Rensburg, Willem van der Merwe.

Agter: Kobie de Jager, Nico Leonard, Wilhelm Malan, Piet de Jager, Sigmund Sonntag, Andries Nel.

Afwesig: Wimpie de Clerck, JS van der Walt.


Std 10 F

Voor: Hendriette Niewenhuis, Tina Martin, Riana van der Walt, Mev M. Vermeulen, Theo Pistorius, A Venter, P. Barkhuizen.

Middel: Janus Byles, Floris Visser, Jenny Jansen, A Putter, Celia Snyman, Kobus Vreugdenburg, Neels Kloppers.

Agter: Casper Gilfillan.

Inlas: Tiekie Hall.

Thursday, February 8, 2007

Weesgerus 2-4 Februarie 2007

Ons het onlangs ons 30 jaar reunie gehad by Weesgerus vakansieoord in Nylstroom. Reelings is getref en al die mense is opgespoor deur Sandrie (San3) de Wet (Grobler), Magdaleen vd Merwe (Pienaar) en Roelof Fourie.

Verslag deur Caromin Louw (de Vaal)

Soos ons almal dit seker maar eweneens ervaar het, was ek maar goed opge-’stress’ voor my aankoms by Weesgerus. Vrae soos: “Sal ek nog kan onthou wie is wie?” of “Sal iemand my nog onthou?” “Lyk ek vet of lyk ek maer?” Plooie en al sulke dinge? Gaan mense katterig met my wees en my ‘n landsverraaier noem noudat ek in Engeland bly? Ek was regtig bang, maar die rit saam met Marie (Wessels) Wilson van Louis Trichardt na Nylstroom vroeg die Saterdagoggend, en die heerlike gesels in die kar vir die paar ure, het my laat besef dat inherent bly ons maar nogsteeds dieselfde mense as wat ons 30 jaar terug was.

Ek dink hierdie opgewonde afwagting het reeds stadig maar seker vir ons almal begin opbou die dag toe die ywerige San3 ons een vir een begin opspoor het. Ek onthou dit was maar ‘n gryserige dag hier in Engeland toe ek ‘n text (soos ons hier ‘n SMS noem) op my mobiel (selfoon) kry, en dit ‘n boodskappie van San3 was! Julle kan net dink hoe bly ek was - iemand in Suid-Afrika wil my darem nog ken!

Die e-poste het vinnig begin rondvlieg, en ek dink ons stem almal saam dat dit ‘n wonderlike hulpmiddel was/is. Die lysie van name het gegroei en amper volledig geword. Van ons rondlopers oorsee is opgespoor, en lang verlore name vanoor die hele Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe het op die lysie begin verskyn.

Ongelukkig kon ek nie die voor-reünie in Pretoria bywoon nie, maar die terugvoering is later aan my gestuur en daarvolgens het ek een groot fees gemis. Ek moes my planne hier in Engeland nogal aanpas om ook moontlik die groot-reünie te kon bywoon soos beplan vir einde Februarie 2007, en tot op nommer 99 was my dinge maar baie deurmekaar, want mens het nie meer ‘n ‘huis’ in Suid-Afrika nie, wat beplanning nogal moeilik kan maak.

Hierdie reünie was een van die hoogtepunte in my lewe, en om verskeie redes.

Eerstens was dit absoluut wonderlik om al die bekendes wees te sien. So gemoedelik, almal so vriendelik, regtig soos een groot familie bymekaar. Ek dink ons klompie is absoluut ‘n unieke spulletjie, die bande tussen ons onverklaarbaar sterk, en die 30 jaar van skeiding en veranderinge wat verby is sedert ons Hoërskool Louis Trichardt verlaat het, het soos mis voor die son verdwyn. Die ekstra kilogramme, brille, grys hare en valstande (?) het ek nie eers raak gesien nie! Nee, die persone wat hier voor my gestaan het, soos wat mens een vir een van julle weer raakgeloop het daar in die lekker warm bosveldson, was ‘n persoon in eie reg, iemand wat sy merk gemaak het in sy/haar lewe, met oulike kinders en vrouens / mans / metgeselle. Ek dink ons kan almal saamstem, dit was heerlik en wonderlik en ‘n ware Gods’ seën om almal weer te sien. En vir die wat nie daar was nie – wel, ons verstaan, en hopelik kan ons julle weer later te siene kry of kontak hou met e-pos en die dinge.

Tweedens, hier in Engeland, waar ek soos ‘n eend sonder ‘n dam moet probeer rondswem, twyfel ek dikwels oor my eie herkoms en kultuur, en waar mens nou eintlik inpas in die samelewing. Wel, die reünie het daardie vraag vir my beantwoord. Skielik het ek weer geweet wie ek is, en waar ek vandaan kom. Ek het my wortels onthou en weer my herkoms en kultuur ervaar. My selfvertroue het sommer gegroei sederdien, en ek het besef: In Engeland sal ek seker moet bly vir nog ‘n paar jaar, maar boermeisie sal ek altyd wees. Ek kan trots wees op wie ek is, waar ek vandaan kom, my skool en my land. Dankie ouens, en julle dra by tot dit alles!

Die stemming was gemoedelik en ontspanne. Grappies en ou stories is weer opgedis. Na 30 jaar word alles in ‘n goeie gees verwerk en kan mens nou al te lekker oor al die vergete eskapades lag.

Ons is ‘n absolute unieke groep, sê ek weer, en baie baie dankie Sandrie, vir al jou harde werk om ons bymekaar te roep, en hopelik sal ons nog kan kontak hou in die toekoms met al die name op die lys. Baie dankie, Roelf, vir al jou oproepe, reëlings en ondersteuning. Dit het daardie ekstra woema aan die verrigtinge gegee. Julle harde werk het groot geskiedenis gemaak.

En dankie aan al my ou klasvrinne. Dit het vir my ONEINDIG baie beteken om julle weer te kon sien. Hier in Engeland, so ver van jou geliefdes en jou land, is vriendskap baie belangrik. Die naweek was ‘n kosbare juweel wat ek met my kon saambring, en dit sal my beslis nog aan die gang hou vir baie jare. Dankie Pierre, vir die foto’s en CD’s wat jy beplan, en dankie Nico, vir jou pragtige boodskap die Sondagoggend voor ons weer moes totsiens sê aan almal. Jou woorde sal ek nog lank in my gedagtes ronddra.

Ek gaan julle almal nog baie mis in die toekoms, en mis julle al klaar!

Groete hier van Folkestone, Engeland, waar die sonnetjie darem sy bes probeer om effe te skyn vandag.

Caromin Louw (de Vaal)
26 Februarie 2007

Verslag deur Magdaleen vd Merwe (Pienaar)

NA DERTIG JAAR

2 Februarie 2007!! Toe ons van die huis af vetrek kan ek nie besluit of ek uitsien na die naweek of dalk effens bang is vir die naweek nie. Tog sien ek so uit daarna om almal weer te sien, maar sê nou net dit is nie so lekker soos Paul’le (my man) se reunie was nie.

Ons arriveer so teen 4 uur se kant by Weesgerus en toe ons by ons chalet kom sien ek daar is al mense in die ander chalets langs ons. Gelukkig het ek ‘n lys van Weesgerus gekry, van wie in watter chalet bly en ek sien Thys Marias is ons bure. Paul groet hom sommer dadelik al van die kar af, asof hy vir Thys baie goed ken en ons begin dadelik lekker gesels.

Ons sit sommer by ons chalet en kuier en toe kom Kobus Risseeuw en later Ansu (Oosthuizen) ook daar aan. Ons bly almal in die 2 bed chalets langs mekaar. Ons besluit om swembad toe te gaan en te kyk of daar nie nog ander van ons groep is nie.

Hoe lekker was die kuier daar by die swembad, waar ons of mekaar herken, of wonder wie is wie. Skielik kom die geheue ook so bietjie by en onthou jy party mense wat jy al van vergeet het.

Ons het later by die C blok gaan braai en gelukkig was George (Susaar se aanhangsel) daar om vuur te maak, want ons kuier almal so lekker dat niemand tyd kry om vuur te maak nie – dankie George.

Ons kuier tot laat – party natuurlik later as ander – maar ons kuier!!

Saterdagoggend is ek, Hannie en Braam eerste by die swembad. So ons kan lekker sit en skinder van almal wat nog nie daar is nie – en natuurlik ook van die wat onseker nadergestap kom en wonder wie is wie. Die groep groei so deur die oggend en ons kuier nog steeds ‘n hond onder ‘n bos uit. Vir my was die kuier daar by die swembad heerlik. Om almal wat daar aankom te probeer plaas en dan die lekker gesels sodra jy die persoon herken. Ek dink net die naweek was te kort om behoorlik met almal te kuier en uit te vind wat doen almal deesdae.
Die kuier daardie oggend was nogal opvallernd anders as die vorige reunies sin. Ons gesels sommer lekker oor wie doen wat en wie bly waar. Daar is glad nie, soos met die vorige reunies, so halwe kompetisie tussen mekaar, oor wie wat bereik het tot dusver nie. Ons kuier net lekker saam en deel die “onthou jy nog” van 30 jaar gelede.

Vir my persoonlik was dit wonderlik om weer vir Magda (Steyn) en Hanlé (de Beer) na dertig jaar te sien. Ook vir Ina (Joubert), want nie een van hulle het van ons vorige reunies bygewoon nie en ons was groot pelle op skool. En natuurlik moet ek erken dat dit heerlik was om Eon Viljoen weer te sien. Ons het darem op ons dag uit gegaan!!

Maar tog is dit ook lekker om weer die klomp te sien wat wel die vorige reunies bygewoon het. Party het ouer, ander vetter, party maerder en party mooier geword. Party het nuwe vrouens of mans of aanhangsels en party van ons is maar nog net dieselfde met dieselfde man/vrou as die vorige keer. Party het natuurlik al ouma/oupa geword. Rheda was amper
agv haar kleinkind se geboorte, net voor die reunie, nie daar nie.

Dit is tog interassant hoe ‘n mens by so reunie nuwe vriende maak. Ons was nou wel almal saam op skool, maar jy het beslis nie almal ewe goed geken nie. Ek het bv nie regtig vir Ansu Oosthuizen en Elizabeth (de Beer) op skool geken nie en daar raak ons sommer lekker aan die gesels. Ansu en Kiewiet Greef bly in Klerksdorp en Stilfontein wat nie ver van Bothaville – waar ek bly – is nie en ons gaan beslis nog lekker kuier in die toekoms. ‘n Mens kry ook mos nuwe belangstellings as jy ouer word en so deel ek en Elizabeth en haar gesin dieselfde belangstelling in watervoëls – soos swane.

Soos die dag vorder en die groep al groter word, word die gesels natuurlik ook al lekkerder. By so reunie kan ‘n mens mos maar goed doen wat jy nie normaalweg doen nie. Daarom het ek besluit dit sal lekker wees om saam met ‘n paar vrinne ‘n ou vredespyie te rook. My keel het die volgende dag geweet van die vredespypie!! – nie meer gewoond aan die nikotien en rook nie.

Baie dankie aan almal wat daar was. Ek besef party het van ver gekom om die naweek met ou vriende te deel. Anton Swanepoel wat van die Kaap af gekom het, en Phillip Heyns van Rouxville, Riana (Fick) van Melmoth, Amaritha (Naude) van Somerset Wes en veral Caromin wat van Engeland af gekom het, spesiaal om die naweek saam met ons te geniet. Maar al het ons ver gery was dit verseker die moeite werd! Die wat nie daar was nie weet beslis nie wat julle gemis het nie.

Moenie weer die fout maak om dit mis te loop nie!!

Roelf en San3, baie dankie vir al julle reëlings om dit ‘n onvergeetlike naweek te maak.
Ek moet eerlik vir jou sê Roelof, ek het nogal opgesien na die dans wat jy gereël het – seker maar omdat ek en Paul nie meer kan dans nie of so het ek gedink!! Maar op die ou end dink ek, het ek en hy die dansery die meeste van almal geniet. Ek het natuurlik ‘n paar letsels na die dansery (vallery?), maar dit help net om die naweek langer te onthou.

Nico (Leonard), baie dankie vir jou wonderlike getuienis Sondag. Dit is beslis so dat ‘n mens nie die lewe so voluit kan leef as jy dit nie elke dag saam met Jesus doen nie. Dit was heerlik om die naweek op hierdie manier af te sluit, deur ons geloof en vertroue in God met mekaar te deel.

Ek kan nie nalaat om vir Ina (Joubert) dankie te sê vir die wonderlike voorbeeld wat sy vir ons gestel het nie. Dankie Ina, dat jy so kort na jou man se dood, tog die moeite gedoen het om die naweek met ons te deel. Die feit dat jy, al is jy hartseer en al mis jy vir Pieter nog baie, tog saam met ons kon lag en gesels en so vir ons kon wys hoe jy deur die genade van God alleen gedra word.

Toe ek en Paul Maandag huis toe ry kon ek nie glo dat ek nie uitgesien het na die reunie nie. ‘n Week later het ek vir Paul gevra of ‘n mens nie maar die tyd net vir ‘n naweek kan terugdraai nie. Ek sou so graag die naweek weer ‘n keer wou beleef. Maar nou het ek genoeg rede om na die volgende een uit te sien!! Dit was heerlik en onvergeetlik.

Nee wat, ek het net weer besef ons klomp kan reunie hou!! Ek dink ons moet solank die datum vir die volgende een vasmaak en dan kan niemand sê hulle het nie lank genoeg voor die tyd daarvan geweet nie. Kom ons maak dit sommer die 5e Februarie 2011. Dan is dit die jaar wat ons 35 jaar uit die skool is. Weer by Weesgerus, want dit is ‘n heerlike oord met alles wat ons nodig het. Ons word nou oud, so ons kan nie weer 10 jaar wag voor ons weer reunie hou nie – daarom maak ons dit oor 4 jaar.

Baie sterkte vir julle almal vir die volgende 4 jaar!

Magdalene van der Merwe (Pienaar)


Verslag deur Roger de Trogh

DAGSê AL MY OU VRIENDE

NOGAL ‘N ONDERVINDING SO ‘N REUNIE. OP SKOOL HET ‘N OU SEKERE VRIENDE GEHAD MET WIE JY MEESTAL MAATS WAS EN NA SKOOL SPAT ONS IN DUISEND RIGTINGS EN VERLOOR TRED. DAN KOM SO ‘N ONDERVINDING EN JY’S MET ALMAL MAATS.

EK IS NIE DIE SOSIAALSTE VAN MENSE NIE, MAAR EK HET DIE TERDEë GENIET OM DIE OU SPUL WEER TE SIEN. OM NET TE LUISTER WAS KLAAR VIR MY GENOEG.

EK WAS NOGAL VERRAS GEWEES OM HERRINNER TE WORD AAN MY BELGIESE AFKOMS. EK HET LANKAL SA BURGERSKAP EN BESKOU MYSELF LANKAL AS ‘N BOERSEUN. SOVEEL SO DAT EK VERGEET DAT EK DIE BUITELANDER IN JULLE MIDDE WAS. MAAR HOE MOES JULLE NOU WEET! TOE JULLE MY LAAS GESIEN HET, WAS EK AL DAAI DINGE GEWEES. SO TERLOOPS, EK HET IN 1998 ‘N DRAAI GAAN GOOI IN BELGIë.
DIT WAS NOGAL INTERESANT, MAAR DIE BESTE DEEL VAN DIE VAKANSIE, WAS DIE AAND OP DIE LUGHAWE IN ANTWERPEN VOOR DIE
TERUGVLUG EN EK HOOR MENSE AFRIKAANS PRAAT OM MY…. AU REVOIR BELGIQUE…. HELLO AFRIKA…

WAT VIR MY NOGAL MERKWAARDIG WAS, WAS DIE AFWESIGHEID VAN ENIGE MEDEDINGINGING. DIS SO AL OF ONS GROOT GEWORD HET! EK KEN NIE ALMAL TE SOSIALE STATUS OF KWALIFIKASIES NIE, SAAK NIE MAAK WAAR JY BLY, IN WAS SE BUURT OF WAT JY RY OF DIE KLEUR VAN JOU KREDIETKAART, DUIDELIK WAS ONS ALMAL DAAR OP DIESELFDE VLAK. EK DINK DIT WAS NAIS.

EK HET DIT PERSOONLIK VIR DIE SKULDIGES GESê EN EK Sê DIT WEER DMV HIERDIE SKRYWE : AAN JULLE WAT AL DIE REëLINGS GETREF HET VIR HIERDIE SAAMTREK: M&*#@E DANKIE!!

NOEM MY ‘N SISSIE, MAAR EK HET ‘N KNOPPPP IN MY KEEL GEHAD DAAI SONDAGMôRE TOE EK BESEF DIS WEER GOEBAAI EN EK SIEN HOE ONS GETALLE UITDUN.

AAN ELKEEN WAT DIE MOEITE GEDOEN HET OM DAAR TE WEES: DANKIE. EN AAN JULLE WAT NIE DAAR WAS NIE, OM WELKE REDE OOKAL, WEL DIS JAMMER EN EK HOOP AS DAAR WEER SO ‘N GELEENTHEID GAAN WEES DAT JULLE IN STAAT SAL WEES OM DIT BY TE WOON..

TOT WEERSIENS MY MEDE LANDSBURGERS. EK WENS JULLE EN JULLE GESINNE GOEIE GESONDHEID, VREDE EN VOORSPOED.

SEëNWENSE

ROGER


Verslag deur Susaar Schlesinger (Botha)


Oorsig Matriek reunie 1976 - 2007

Soos almal weet is ons al 31 jaar uit die Hoërskool.
DIT klink amper soos lewenslank, al voel dit vir 'n paar (eintlik almal) nie rerig so nie.
Moet sê ek was nogal woes opgewonde om almal weer te sien.......31 jaar is 'n laaaaaang tyd, en al het ek 'n klompie op die 5 en 10 en hoeveelste reunie ookal gesien..........het ek so 'n warm opgewonde kolletjie in my maag gehad toe ons afgery het "Wees gerus"toe.
Soos Riaana en Rene gesê het ........WEES GERUS.........!!!!!!! Wees net gerus!!!!!

Ek het in elke vreemde gesig wat by ontvangs gestaan het "iemand bekends"
gesoek, maar daar was nie een gesig wat ek herken het nie.
Ag Liewe Vader hoop ek so stilletjies by my eie self laat ek darm 'n paar van my matriek pêlle se gesigte onthou..... want die spieël het maar vir my ook vertel dat daar dalk 'n klompie gaan wees wat my ook nie meer gaan herken nie.

Eon, Breyts, Ina, Poena, en 'n hele paar het my lekker laat wonder "wie de hêl is dit nou die????" en ek het (voor die tyd) woes die jaarblad opgeswot sodat ek seker kon wees ek gaan ALMAL hierdie keer herken.Ja, die tyd staan nie stil nie, maar elkeen wat daar was..........herkenbaar ofte nie sal saam stem dat dit 'n wonderlike GREAT"" naweek was!!!!

Ons 3 hoofnarre:Herrie, Breyts en Frikkie. Het nie vir een oomblik gedink julle het al ooit geleer om op te hou 'KUIER" nie.My maagspiere was 3 weke na die reunie nog seer van die baie lag, na al die aanskoue van hulle mannewales.Ook nie geweet dat hulle 3 eintlik die 3 Tenore ORE"" sou kon aansit as dit by sing kom nie. Om van "maak 'n hopie" bo-op mekaar op die dansbaan nie eers te praat nie!!

Magdeleen en haar man kan van twist tot vasdans, en Paul is in 'n rolstoel vir die wat nie weet nie.

Thys is nog net so vol draadwerk met 'n pragtige splinter nuwe mooi vrou........dis net dat hy nie meer so mooi kan hoor nie maar moet net nie probeer skinder nie, want as hy sy "Fountjie"opgedraai het hoor hy die kleinste muisie se piep.

Riaana, Rene, Sanet en Amarita........almal het daar by hulle chalet saamgekoek,gekuier en gebrêkfis. Herrie was die bevoorregte een om saam met die girls te kon bly. Herrie het geen slaap-plekkie gehad nie..........Ook maar goed julle het jul oor hom ontferm, want Herrie het nog net 2 maande oor voordat Herculeen haar opwagting maak....en hy moes hom self stil gedra het deur die naweek....ha-ha-ha.

Kyk, die wat hulle in hul baaibroeke kon inwurm het lekker lafenis in die swembad gesoek.Gelukkig het niemand mekaar gedip of ingegooi nie.Nie dat ons nie meer kan swem nie, dis dat ons dalk spiere kon verrek of dalk rerig kon versuip het!!!! Dankie vir almal wat so mildelik ys voorsien het.

Die saamkuier om die kampvuur was so gesellig dat die sekuriteit later moeg was om ons te probeer stil maak.31 jaar se: onthou jy nog en ONTHOU JY NOG...... het tot laataand aangehou.Daar is so baie foto's geneem dat 1 jaarblad te min sou wees, die dat Pierre vir elkeen 'n CD gaan maak!

Nico ons eie pastoor ( net 'n grappie Nico) het Sondag met sy getuienis HARD aan elkeen van ons se harte kom klop.Dankie Nico !!! Die pad van die Waarheid is smal en nou.............maar die beloning..... die ewige LEWE!!!!

Daar was 'n hele paar van ons Matrieks wat nie Reunie toe kon kom nie............party rêrig nie, omdat hulle nie meer Hier met ons is nie . Dink met weemoed in my hart aan hulle....
Die ander klompie....Julle het waarlik uitgemis, en ek hoop om julle op die volgende Reunie te sien.
Weet nou nie of ons almal dan al met kieries gaan loop nie, maar ek sien uit daarna.

Ons is 'n besonderse groep Martieks van 1976!!!!!!!
Dankie vir ou herhinderinge en "nuwe" vriendskappe Julle is GREAT!!!!!

Susaar


Fotos geneem gedurende die naweek van 2-4 Februarie 2007.



Amaritha Meyer (Naude)




Ansu vd Heever (Oosthuizen) en Ina Bell (Joubert)




Anton Swanepoel




Braam en Hannie Nel




Elizabeth Breitenbach saam met Caromin Louw (de Vaal)



Casper (Kappie) Gilfillan




Deon (Pannie) Botha





Dirk Retief




Dauw de Lange




Elizabeth Breitenbach



Elizabeth Goosen (de Beer)



Elsa Nienaber (Becker)


Eon Viljoen



Fanie Otto




Tiekie Hall en Frikkie Olivier




Hanlé Pieterse (de Beer)





Hendrietta Venter (Niewenhuis)



Herman (Bok) Botes





Johan Breytenbach en Herman Lintveldt



Ina Bell (Joubert)



Jean Snyman (Els)




Johan (Poena) du Preez



Kiewiet Greef en sy suster Charlotte



Koos Enslin



Kobus Kriel



Kobus Risseeuw



Kosie Eloff



Elizabeth Goosen (de Beer) en Magda Kruger (Steyn)




Magdaleen v d Merwe (Pienaar)



Mari Wilson (Wessels)



Nico Leonard




Nico Vosloo




Phillip (Jumbo) Heyns





Pierre Duminy



Piet Fasen




Riana Maritz (Fick), Sanet Bezuidenhout en Reda Jacobs (Maritz)



Renee Bredenkamp (Fourie) saam met Susaar




Riana Erasmus (Viljoen)



Riana Maritz (Fick)




Roelof Fourie en Inarie de Vaal




Roger de Troch




San3 de Wet (Grobler) en Paul vd Merwe



Sanet Bezuidenhout



Susaar Schlesinger (Botha)



Sophie Britz (Jansen)



Thys Marais




Tina Esterhuizen (Matthëus)



Wilma Heinlein (Page)









Saam van Graad 1 to Matriek

Susaar, Jean, Pierre, Caromin




Groep

Amaritha, Nico, Susaar, Riana



Groep

Kobus, Roelof, Frikkie, Jean, Pierre


Groep

Sondag oggend na Nico Leonard se praatjie.



Uittreksels uit e-posse:

Kiewiet Greef: “Dit was ‘n onvergeetlike gebeurtenis en iets wat ek nog vir baie lank sal onthou en koester. Die samesyn met ou vriende het my weer laat voel dat ‘n mens werklik êrens hoort en nie sommer net bestaan nie. Die groep mense waarvan ons ‘n deel was, is ‘n besonderse klomp en ek ag myself geëerd om ‘n deel daarvan te kan wees.”

Marietjie van Zyl: “Ja jy is reg ek het verseker uitgemis! Sal beslis 'n volgende keer kom. Sou julle graag almal weer wou sien.”

Beatie Erasmus: ”Die reunie naweek het saamgeval met 'n jukskei naweek op Beaufort Wes waar ons ook proewe gespeel het vir span vir Kroonstad vanaf 24 tot 30 Maart…..”

Dauw de Lange: “Net een groot dankie vir al julle pragtige mense, dit was ‘n besonderse lekker reunie en dit was puik om almal weer te sien.” Ek glo dit sal met almal vorentoe net goedgaan. Baie groete en baie voorspoed vir 2007…”

Nico Leonard: ”Dit was baie spesiaal vir my. Ek is met sulke gemengde gevoelens daar weg dat ek nou nog sukkel om dit te ontleed…….”

Irene Tokolon: “Ek sien die reunie was ‘n groot sukses en ek is baie jammer ek het dit gemis. Het aan almal gedink. Kan net nie so lekker almal onthou nie, seker maar die ouderdom….”

Riana Maritz: ”Ons het lekker gekuier. Ek is vanaand weer terug in my eie bed!!!”

Caromin: “Maar baie baie baie dankie vir 'n heerlike reunie. Dit het my, en ek glo
baie ander van ons, die wêreldse goed gedoen. Dit was regtig een van die hoogtepunte in my lewe, en ek en Inarie het alte lekker gelag oor dinge na die tyd, stories oor-en-oor vertel. Dit was 'n fees en 'n bietjie padkos waarop ek nog baie lank sal teer. Julle 'n 'n great job gedoen en ek kan met volle vetroue sê ek dink dit was 'n rasende sukses. Jammer dat almal dit nie kon bywoon nie, maar nou ja, dan het dit seker 'n Babelse verwarring afgegee, en sou die oord nog Security moes inroep! Jammer die geselstydjies was so min, ek dink nou na die tyd dat ek baie nie eers gevra het wat almal doen en waar hulle bly nie! Party het ek weer 3x dieselfde vrae gevra. So stupid, but such is life…”

Elizabeth Goosen: “Baie dankie vir al julle moeite.”

Poena: ”…Net een versoek ook asb. Sit ons name by dat ons maaitjies my ook sal herken.”

Herman en Olivia: ”… spyt ons kon dit nie maak nie - sou graag wou.”

Japie Malan: “… Ek het aan julle gedink die naweek. Jammer ek het dit gemis.”

Roger de Troch: ”Ek kan nogal beaam, dit was heerlik en ek juig oor die feit dat ons daar was. Van my kant af ook GROOOOOOOOOOOOOOOOOT DANKIE Vir al die reëlings en moeite wat gedoen is. Ek hou daarvan om die woord “moeite” met “Liefde” te vervang, so lat ek weer probeer: GROOOOOOOOOOOT DANKIE Vir al die reëlings en die liefde wat hier ingesteek is.”

Ina Bell: “1000 dankies weereens vir al julle moeite en great organisering. 'n Naweek om altyd te onthou!!! Kan nie wag vir die CD nie... “

Christa Cilliers: ” Eintlik weet ek nie eers hoe om te begin met hierdie epos nie want dis maar vir my bietjie moeilik om vir iemand wat ek eintlik glad nie meer ken nie te skryf. Ek was uit die veld geslaan toe Magdaleen my die dag skakel in verband met die reunie maar ons kon dit ongelukkig nie maak nie alhoewel ek graag sou wou sien hoe almal van julle nou lyk en wat almal doen. Dankie in elk geval dat julle so baie moeite gedoen het om my op te spoor.”


Susaar: ”Hoe sê mens nou dankie vir SO 'n super-duper naweek?Na 30 jaar sukkel ek nog steeds, maar sal probeer......Alles was net die BESTE OOIT !!!!
Ek dink julle moet dit elke 5 jaar reël, want die lewe is so, SO kort.

Was dit nie lekker om al die ou bekendes te sien nie?.........en het ons nie OUD geword nie, Ha-ha ONS ALMAL is soos rooiwyn.....hoe OUER hoe BETER! Eintlik die heeeeel BESTE!!!Ons groep matrieks van 1976 is baie spesiaal.Elke ieder een wat daar was het 'n spesiale plek in my hart............en die wat nie daar kon wees nie ook .....al van daardie tyd af, en ek koester elkeen tot die volgende weersiens! (raak ek nou sommer bewoë....)

Ja, Harry en Breyts het ons maagspiere bietjie laat werk met al hulle mannewales......en dit is nou van LAG en nie van spuitpoep nie!!!! Ook maar goed dat jy (San3) met die dans die 2 tjies bietjie uitgesôrt het met jou hoofdogter stem, nie dat hulle hul enigsins aan enige iemand gesteur het nie.........nie eers die "security" die vorige aand nie. Gelukkig het Harry nie weer sy krokkodilvel-skoene in die swembad verloor nie.MAAAAAR ons het hulle lief net soos hulle is.....ooooo ja vir ou Frikkie ook, wat halfpad bygekom het en gedeel het in Harry en Breyts se KUIER!!!! Weet nie hoe die wêreld van hulle kant af gelyk het deur daai rooi ogies Sondag-oggend nie.

Magdaleen en Roelof................PUIK reëlings PUIK PUIK PUIK. Baie dankie vir nagte se laataand opsporingswerk, e-mails en telefoonoproepe. Die pragtige venue, dans en musiek.Oooooo ja Thys jy beter vir ons almal 'n CD maak van daai " Golden Oldies" alias Rina Botha se Garage Parties MUSIEK Dink menigte van ons het so 'n vêrlangse verlange gehad..............veral die " close dance" Ag flip...onthou julle nog!!!!!!!

Paul van der Merwe (Magdaleen se man)............jy is 'n insperasie en voorbeeld vir so baie van ons, mag ek ook iewers eendag my liggie laat brand vir ander mense.

Nico............dankie dat jy openlik 'n kind van Jesus is Dit is net 'n MAN met durf en Jesus aan sy ,sy wat die 1976 matrieks almal 'n knop in die keel en 'n traan in die oë kon laat kry DANKIE vir jou belydenis..............dis tog al wat saakmaak in hierdie dol deurmekaar lewe op aarde!!

Wil sommer elkeen by die naam noem en ietsie oor almal sê......maar dan gaan die mail soooooo lank raak, en wie't nou tyd om ure lank e-mail te lees Weet dat julle iewers vir iemand 'n lig laat skyn......

Kosie Eloff: “Baie baie dankie, dit was uit en uit die moeite werd! Dit was heerlik om almal weer te sien! Ek waardeer julle moeite met al die reëlings en organisasie…”

Sanet Bezuidenhout: Net om te se baie dankie vir al julle moeite. Ek het myself gaaaaaaa.......te uit geniet!! Thank goodness ek kon gister middag so bietjie rus anners weet ek nie hoe ek vandag sou cope nie!!”

Sophie Britz: ”Sandrie nogmaals baie dankie vir al die moeite wat julle aangegaan het. Dit was regtig ‘n aangename naweek. Dit was sommer lekker om almal weer te sien en het sommer net baie lekker gekuier! …. Julle is seker poegaai na die naweek, maar “Weesgerus” dit het vir almal baie beteken. “

Anton Swanepoel: “Was ‘n lekker uitrus naweek….”

Fanie Otto: ”Baie dankie vir die heerlike naweek wat julle beplan het vir ons. Dit was fantasties. Julle moeite en efford wat julle in gesit het om ons almal by mekaar te kry word werklik baie waardeer.”

Elizabeth Breitenbach: ”Dankie vir die rëel van die reünie. Omstandighede het verhoed dat ek die heeltyd saam kuier maar die bietjies wat ek daar was baie aangenaam...”

Phia Steenkamp (du Plessis): Ek voel eintlik jaloers as ek so tussen die lyne lees hoe julle die reunie geniet het. Ek sal graag die foto's en stories wil hoor…. Ons sal hopelik weer iewers 'n kuier inpas …

Bennie Visser: Ja ek hoor dit was so nice! Genade PE is BESIG met al die vakansiegangers... mens kan nie jou agterent draai nie!

Sonja & Louis: Ek self het baie uitgesien na die reünie, Sonja het ongelukkig 'n ding aangehad by haar werk….

Mari Wilson (Wessels): ’n Mens kom nie agter hoe die tyd vlieg nie. Alle terugvoer wat ek hoor oor die reunie is baie positief. Net Breytenbach het eers Dinsdag by die huis gekom na sy en Lintvelt se omswerwinge en hy word goed gespot daaroor… Sien baie uit na die fotos…

Sollie Herselman: …Dit sal gaaf wees…Baie dankie.

Arrie Mulder: …Ja ek balanseer nogal op die oomblik ‘n klomp “noodles” op my “chop-sticks”. Dit gaan baie goed met my en die gesin hier in PMB…

Harry Botes: Sorry, maar ek is VREK besig (Die Gautrain en algemene boubedryf is mal in die Midrand area), maar ek kla glad nie en is te dankbaar vir alles wat ons so onverdiend ontvang !!...

Tiekie Hall: ….Verder werk ek my maar dood. Hierdie ABSA het mos geen genade vir mens nie….Sê groete vir die bekendes….

Gert & Celia: (Christmas Wishes) …..I had on my heart to write a newsletter to each one of you in order to thank you for your support during 2006. I know to putting my hands on the plough means not looking back, but I am glancing over my shoulder and I see your love and kindness all the way back to the beginning of this year. Thank you to each one who prayed for us, who sent an e-mail or SMS of encouragement, who phoned when you had a dream about us,… Many of you said the most beautiful words to us and it always came at the right time, thank you; your words help us to endure….

Willie Nel: Spring had arrived in Holland and we are enjoying the wonderful weather and sun…..Thanks for your prayers and we pray that it will also be spring in your lives!...